skip to Main Content
072 610 7072 feedback@retirewellsa.co.za

Veilig, ruim, mooi… alles wat jy verdien

Jubilado Retirement Village dam
Jubilado Retirement Village dam
Spacious Regent Park Retirement Houses
Wilgeheuwel Retirement Village is pet friendly
Regent Park Retirement Village in Roodepoort
Jubilado Retirement Village damSpacious Regent Park Retirement HousesWilgeheuwel Retirement Village is pet friendlyRegent Park Retirement Village in Roodepoort
As jy graag in ’n rustige, veilige oord in Gauteng wil bly saam met mense wat vir mekaar omgee en dieselfde belangstellings het, is die Belvedereaftreeoorde met sy verskillende verblyfopsies net die plek.

Wanneer die tyd aanbreek om daardie groot huis te verruil vir ’n kleiner huis in ’n aftree-oord, hoef jy nie verder te soek as een van Belvedere se 12 eiesoortige aftreeoorde aan die Wes-Rand nie.

Dié aftree-oorde is almal gerieflik naby aan mediese en inkopiesentrums, ontspanningsgeriewe, kerke en die uitstekende Wilgeheuwel-hospitaal geleë.

Die ruim huise is gebou met siersteen en die onderhoudskoste is dus baie laag. Elke huis is só ontwerp dat veiligheid en gemak gekombineer word. En met 25 jaar se ervaring en 12 oorde in hul portefeulje, het ’n mens die gerustheid dat die Belvederegroep weet wat hulle doen.

Om seker te maak inwoners geniet gemoedsrus en ’n lewenstyl van hoë gehalte, bied elke oord ook lieflike ruim tuingebiede met veilige parke en wandelpaaie.

En as jy die dag lus is vir binnenshuis kuier saam met vriende, is daar die mooi gemeenskapsentrums waar allerlei aktiwiteite vir die inwoners aangebied word, sou hulle lus wees daarvoor. Dit sluit in van oefenklasse en lyndans tot brug en bingo wat gereeld aangebied word.

Sprekers kom tree gereeld daar op, daar word kerkdienste en Bybelstudie gehou asook kooroptredes, sosiale geleenthede en markdae. Van die oorde het selfs gimnasiums en biblioteke.

Veiligheid van die inwoners is baie belangrik vir Belvedere. Daar is hoë geëlektrifiseerde mure rondom elke oord en die
toegangshekke word deurentyd beman. Die toegangshekke word ook 24 per dag beman.

Elke huis se buitedeure (voor en agter) het ’n veiligheidshek met paniekknoppies en daar is diefwering voor die vensters.

Daaglikse besluite oor die bestuur van die oorde en aspekte soos die heffing wat betaal word, word behartig deur ’n bestuurskomitee wat saamgestel word uit inwoners. En hulle roem hulle daarop dat Belvedere van die laagste heffings
in die land het. Dit word veral toegeskryf aan goeie bestuur en die feit dat die huis feitlik onderhoudsvry gebou word.

So, as jy op soek is na ’n sorgvrye leefstyl saam met mense van jou portuur en met dieselfde belangstellings, kan jy weet een van die Belvedere-aftreeoorde sal die regte plek wees. Vra maar enige van die 1 500 tevrede en gelukkige inwoners by die 12 oorde.

Maar spring gou, en gaan kyk self. Daar is tans net sowat 20 eenhede beskikbaar.

Navrae oor die beskikbare eenhede kan gerig word aan:
Arthur by 072 610 7072;
Lorraine by 083 279 7663;
Marika by 083 282 0444 of
Marina by 082 459 9698.

Source: Beeld, Leef gesond, Maandag 29 Mei 2017

Back To Top